Eerste lig (Goud)
elke jaar kom lê
soos ’n skoon dagboek voor my,
bladsye bleekwit,
wagtend vir my hand
soms skryf ek,
soms krap of teken ek –
inkleur ek wat skeef begin,
versier wat myne wil wees
vroeë oggendlig
verdryf die donker,
skadu’s smelt
voor weerbegin
’n geleentheid
aan my gegun
om my lewensverhaal
weer oor te skryf
slaan ek my hand
aan my pen,
of kruip ek
dieper in my dop?
keuses
waarvoor ek moet staan
bepaal
my lewenspad
met nog ’n omwenteling
om die son,
kies ek
om die lewe aan te gryp
en voluit te lewe —
dag na dag …
©MarleneErasmus
30/01/2026
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek