Die laaste sekonde
Die laaste sekonde
Deur: Ryno du Plessis
Soveel geleef, soveel het ek beleef. Gedagtes van tyd het bly kleef.
Kreukels en sagte voue wys op die vel. Merke wat oor die lewe vertel.
Tog stel ek uit om reg te stel. Klou vas aan dit wat eintlik ontstel.
Hou vas aan gister asof tyd terugloop, leef vandag op môre se hoop.
Die laaste sekonde tik—die hier en nou word weggeruk.
Sal hoop en bid genoeg wees tydens die laaste sekonde?
Het ek my tyd goed spandeer, of is my tyd getel?
© 2026 Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.