inspan
bring osse uit die veld
kry die trekgoed gereed
bring die voorosse nader
kry hulle onder die juk
maak vas en herhaal
tot hele span in tuig
reg staan om te trek
touleier op sy plek
kry die langsweep
klap die sweep
en praat hard
kry jou wa
in beweging
volg roete
van jou
hart
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.