vandag
dis die krag,
dis die af;
dis die kraan,
dis die niks;
dis die foon
wat nie sein het;
dis ’n stemnota
van ver,
’n blou merkie,
maar geen antwoord
dis ’n land
vol kwessies
en toe deure,
dis ons vandag
©Marlene Erasmus
30/05/2026
My gedig “vandag” staan in intertekstuele gesprek met Jan F.E. Celliers se “Dis al”, veral deur die herhalende gebruik van “dis” en die sobere, staccato-agtige opsomming van ’n gebroke werklikheid.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.