Wanneer liefde soos wolke om die maan kom hang
Wanneer Liefde soos Wolke om die Maan Kom Hang.
Verlief en tog so verlore. Gedagtes raak verbode.
Wat as…
In soene verdwaal hul. Mooiste woorde beloof hul. Die hier en nou verdoof hul.
Sou die liefde soos wolke om die maan kom hang, skyn die naglig die waarheid uit.
Al kom daar donker wolke, sal die maan steeds bly hang.
Goed en kwaad bly nie vir altyd staan.
Liefde met soene en soete woorde kan vergaan.
Maar ware liefde, daar waar stilte groei, dit is daar waar opregte liefde broei.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.