Die vrou agter die stilte
Die Vrou Agter die Stilte
Stories loop sy was ‘n moeilike vrou, maar ‘n hart wat liefde vir haar medemens behou het.
‘n Lewe lank het sy gehad. Negentig jaar het sy gehaal.
Haar handewerk lê vandag nog hier.
Tuin gemaak uur na uur.
Só ‘n goue lewe nou weggepak in ‘n koue skuur.
Dit wat eens hare was,weggepak daar waar muis en termiet mee boer.
Tog, loop deur haar eensgemaakte tuin, en weet: Sy is wel nog iewers hier.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.