Jongste aktiwiteit:

Hessie van die sentrale

Hessie van die Sentrale

Ou Hessie was al so baie in die sop, sy kan byna ‘n kookboek skryf.

Opgetooi, kan sy nie wag vir die volgende storie om te versprei nie.

Met liefde het sy ekstra spoeg bygevoeg, sodat sy ook die stories kan verstaan.

Nuuskierigheid was haar bestaan. Sonder dit sou sy seker vergaan.

Sou sy ‘n brokkie nuus hoor wat haar skok, gryp sy vas aan haar rok.

Kort voor lank weet alles wat leef en beef.

Al maak Ou Hessie die hele wêreld kwaai, was ieder en elk tog baie lief vir haar.

Al was dit ook net om hul eie stories te verruil vir Hessie se verhaal.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed