Maak reg wat stukkend is
Maak Reg Wat Stukkend Is
Op my dae was ek ook mooi. Ons was anders getooi.
Hierdie stokkiesvingers van my het geplant hier in die grond wat God gegee het.
My hakke skurf en gebars, van kaalvoet loop deur klip- en duwweltjieveld.
Skoene was vir dié met pennies en ponde. Ons het geloop in ons meelsakrokke.
Vandag kan kinders nie eens meer aan verhoudings werk nie, wat nog te sê van handewerk.
Breek vandag iets, word dit vervang.
Santjie se dogter trek al by haar vierde man.
Hulle vervang mans soos my buurvrou haar Sondagkouse.
Maak reg wat stukkend is. Nie alles kan vervang word nie.
Jy sal soms klippe moet kap, maar God vat elke keer jou hand.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.