Jongste aktiwiteit:

Uitgeleefde strate

Uitgeleefde strate

Saans raak die ligte minder, stemme stil. Die strate leeg, ek mis die alewige beweeg.

Stasie staan vol bagasie. Herinneringe neem hul saam; die res maak nie meer saak nie.

Skielik is dit nog net ek en my lens. Tyd vir nog een laaste foto van hierdie dorp en sy mens.

Die laaste foto word geneem. Die trein is reg om die laaste van die dorp weg te neem.

In my lapsak bêre ek nou my pen en papier. Die foto vir oulaas is geneem.

Al wat nou oorbly, is die stories van ou fotorame.

© Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed