nogeens
al lê die koue wolke laag
trek dit met yskoue geloei
oor ons onstuimige baai
al waai die wind my koud
klou voëltjies bibberend in takke
wat swaai en net wil breek
al swig my gemoed voor pyn
swaarmoedige aanvaarding daarvan
wat oudmaak voor die tyd
al sien ek net maar die ligstrale
wat effens gekleur agter wolke skuil
weet ek die nuwe dag het gebreek
al is nou maar net nog een vandag
wat herinneringe oproep soms goed
is die verwagting van more daar
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.