Na waters waar rus is
Na waters waar rus is…
Massa water lê sy grens, die magtige Chobe dra ook sy naam van Kwando-rivier.
Seekoei en krokodil noem dit hul huis, waterbok en leeu maak hul op sy walle tuis.
Tussen mens en dier maak hul ’n lewe hier.
Trots dra hy sy kroon, Ongerepte natuurskoon.
Elke toeris word dadelik ’n fotograaf om hierdie skoonheid saam te dra.
Puku-bok, vir baie onbekend, leef saam met troppe Kaapse buffels hier.
Soos ’n groot magneet trek hierdie beeldskone rivier mens en dier.
Bied ’n lewe daar waar waters van rus is vir mens en dier.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.