dobbelsteen van volmaaktheid Goud
Ek huiwer aan die begin van nuut,
my lewe volmaak voltooid,
gister is slegs ‘n skim, ‘n dowwe glinster
op die horison
ek draai my rug op die onheilsgryns
en gryp die uitgesteekte hand,
in die krombak daarvan
‘n stel van twee,
die toekoms gooi sy dobbelsteen
en laat dit tuimel in ‘n volmaakte tien
© amanda de meillon
*nuutskepping
onheilsgryns – wanneer iemand glimlag maar daar steek n donker agter dit
krombak – die vorm wat jou hand maak as jy iets daarin koester
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.