AANDAG SKRYWERS!!! Kreatio Komieklike kortverhaal kompetisie 2020
Skryf en wen … lag-lag!
Kompetisiereëls en meer inligting: http://kreatio.co.za/kompetisie/
Kreatio bied ‘n Afrikaanse skryfkompetisie Komieklike Kortverhale aan! Groot pryse geborg deur Groep 7 Drukkers, Kreatio en Ink Skryf in Afrikaans is op die spel. Die totale pryswaarde is R27 000, en Afrikaanse skrywers regoor die wêreld is welkom om deel te neem.
Jou kortverhaal moet uit 1 600–3 000 woorde bestaan en dit moet ‘n humoristiese ondertoon hê wat die leser sal laat lag. Terselfdertyd moet dit aan die basiese riglyne van ‘n kortverhaal voldoen.
Het jy al ooit die gesegde “lag is die beste medisyne” gehoor? Lag bevorder fisiese genesing. Dit bring die immuunstelsel in balans, wat dan jou liggaam help om siektes te beveg. Dit is tyd om die stof van onsekerheid, vrees en mismoedigheid van 2020 af te skud en hierdie jaar met dankbaarheid in jou hart af te sluit, en sodoende ook 2021 met dankbaarheid binne te gaan.
PRYSE OP DIE SPEL
Eerste plek
Druk van 50 kortverhaalbundels deur Groep 7 Drukkers.
Volledige manuskripvoorbereiding en buitebladontwerp deur Kreatio.
Bemarking op Kreatio se aanlyn boekwinkel en webtuiste.
Aanlyn afrondingskursus: Kortverhale.
Tweede plek
Druk van 10 kortverhaalbundels deur Groep 7 Drukkers.
Volledige manuskripvoorbereiding en buitebladontwerp deur Kreatio.
Bemarking op Kreatio se aanlyn boekwinkel en webtuiste.
Aanlyn afrondingskursus: Kortverhale.
Derde plek
Druk van 5 kortverhaalbundels deur Groep 7 Drukkers.
Volledige manuskripvoorbereiding en buitebladontwerp deur Kreatio.
Bemarking op Kreatio se aanlyn boekwinkel en webtuiste.
Aanlyn afrondingskursus: Kortverhale.
Vierde plek
Aanlyn Kreatio-skryfkursus: Kortverhale.
Kreatio-geskenkbewys ter waarde van R1 000.
12-maande lidmaatskap op Ink Skryf in Afrikaans ter waarde van R500.
Vyfde plek
Aanlyn Kreatio-skryfkursus: Kortverhale.
Kreatio-geskenkbewys ter waarde van R500.
6-maande lidmaatskap op Ink Skryf in Afrikaans ter waarde van R250.
Kompetisiereëls en meer inligting: http://kreatio.co.za/kompetisie/
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.