
akoesties
my duin vervaag onder laag stof
suid-wester waai byna stormsterk
my see geluide verdwaal in die wind
loeiende, treurige, swiepende wind
oor my duin sweef geen meeu
die wat probeer sal gou gaan sit
sodra hul bo duin uitkom gooi wind
hul ver terug oor rasende golwe
my siel sweef teen winde op vandag
wat sy vlug met geweld wil teëstaan
herinneringe wil laat vervaag in mis
toekomsblik wil verknies in verdriet
klanke verdwyn in rukkende winde
kakofoniese verdoeseling van hede
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.