Jongste aktiwiteit:

Wie is jy?

Wie is jy?
Wanneer die ongeloof
binne jou
voorkeur kry

Wie is jy?
Wanneer die kommer
van niks
jou lewe oorheers

Wie is jy?
Wanneer trane en smart
meer as dit
jou lewe oorvat

Wie is jy?
Wanneer die betekenis
van more
nie in jou hande rus

Wie is jy?
Wanneer die leemtes krap
en die doel
van jou lewe met jou wegstap

Wie is jy?
Wanneer die blydskap
van nou
jou staande hou

Jy is net mens
geskape uit My hand

Jy is Myne
vanaf die begin
van die grondlegging
van die aarde

Jy is Myne
Ek het jou naam lankal geroep

Jy is ñ gesalfde kind
Geseënde van Jesus
Jy is meer as wat die wêreld
van jou neem
en meer as wat die wêreld
jou bied

deur Jesus wat jou krag gee
kan jy alles in die deurgaan
aanpak met grasie en moed

want jy liewe mens
is duur – duur losgekoop
deur Jesus se kosbare bloed.

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed