Askuus . . .
Woorde ontwyk ons, dit kruip weg
agter gevoelens wat ons verblind;
vreugde is ‘n flikkering in die oog
en woede is ‘n wilde spierspasma.
Sien jy my wanneer ek jou aanstaar,
terwyl ek in spanning wag, en wag?
Hoor jy my as ek met myself praat,
sodat die stilte my nie laat verdwaal?
Waar gaan ek om woorde te vind,
wat die skaal sal laat swaai . . . ?
24/04/2017 © C. du Plessis
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Ek hou hiervan Casper. Woorde wat stil is en blinde woede wat soms die oorhand wil kry. Dit laat mens dink, en is op so baie van toepassing.