Jongste aktiwiteit:

Atleet

(vir Chantelle)

Kop onderstebo
W A G
sy
haar liggaam
soos ‘n snaar gespan
die skoot knal
soos ʼn pyl uit ʼn boog
skiet haar liggaam
vorentoe
hoor sy krete
hul skree haar naam
weergalm dit tussen die paviljoene deur
dit spoor haar aan
adrenalien druis deur haar are
por sy haar spiere aan
vinniger
vinniger
nog vinniger
elke grein in haar liggaam
saam gespan
klief sy deur die wind
die wenstreep
wink
dan val sy oor
‘n nuwe rekord
hoor sy
oor en oor
dawerende applous
breek om haar los
liefling kind
kampioen
sy het dit
W E E R
gedoen!!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed