Jongste aktiwiteit:

Bedekte rede

Nag hou sy eie bekoring
net soos swart pêrels wat glimmer
in die ligkring van die maan.
Die see haal rustig asem teen die soomlyn van haar voordeur
en die klip in haar hart bodem
tot waar visse klein roeringe maak.

Die kuslyn is vol geheimenisse
met ‘n stem wat aanhou fluister, fluister.
Sy probeer om nie te luister
maar waarheid is eiesoortig en vol draadwerk.

Sy wil alles uitvee –
die ruising van die oseaan,
nag met sy koggel en vingerwysings,
selfs die skaduwee wat haar volg
maar Adam en Eva sit as stil getuies
gegiet in klip teen die heuwel
soos ‘n uitgediende sakrament.

Tien duisend treë later
met kaal voete op ‘n eenrigting strand
en steeds swyg en sluk sy
aan hierdie krom verdriet.

© 2016 Almarie Truter




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed