beloftes
gister se wind het belowe
ou charmain sê dit belowe kreef
die kreef gaan slegs uitkom met wind
wie sal beter weet as sy en haar kinders
wat van kleins af daarop leef en floreer
op my duin waai wind sand in my oë
mag hy oral reën waai in binneland
binnelanders bid ook daarvoor
my siel sweef saggies
oor al dié genade
miskien sal
sy vir my
ook een
kreef
bring
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.