Jongste aktiwiteit:

gedagtes

werke op my duin is maar traag
in die bykans koue windjie wat waai
gebeur daar nie veel meer as op winters dag
agter my duin is daar darem ‘n groen skynsel
wat die goeie winter reën veroorsaak het
voor my speel die branders fanaties
met wit wind koppe en kompeteer
oor wie eerste op die strand kom
my vriend die meeu sit verknies
op die strand en wag vir kos
om voor sy oë uit te spoel
vlieg hy op, waai hy weg
sommer baie ver weg
soos my siel is hy
vandag maar versigtig
om nie te hoog te sweef
dat die wind hom kan
vang en meesleur
na onbekende
velde nie

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed