Bitterboet skatte
Soos stofdele tornadodraai
aan die Skedelkus se punt
Is dit dodelike skerpioen
wat tussen spierwit beend’re
sy lewensmaat loop vind
Geroesde kantel skeepswrak
halfmas begrawe in sand
verberg sy bitterboet skatte
deur erosie van die jare heen
wreed aan sy wande verpand
Kraai en aasvoël sirkel daarbo
met pupille starend verbaas
asof hul niks hiervan kan glo
want tussen spierwit skelette –
pronk ‘n tekort aan maaier-aas
2 Kommentare
-
neels claasen
Ek begin wonder of Evelyn n gedigte fabriek het. Bgoed geskryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Mooi gepen Evelyn