Bittere laatoes
Soos verkrimpte korente
in ‘n haelskade boord
hang eens swangerswel drome
sonder hul naelstring koord
Die vroedvrou sleepvoet verniet
kort-kort gebukkend op loer
na enkel tros vir soete laat-oes
want hier is bitterdruppels gegiet
6 Kommentare
-
-
neels
Puik geskryf evelyn
-
Viooltjie
Baie goed gepen, Evelyn. :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Eina!!!! maar n puik metafoor meesterlik gebruik