
Jul Oë Het Ontmoet
Jul Oë Het Ontmoet
Om lief te hê
of om bemin te word
deur iemand wat jou
spesifiek bo almal in
die hele wye wêreld raaksien
waar hy of sy kon kies en keur
maar die oë het op jou kom rus
en jul oë het ontmoet—
Die oomblik vul jou met
magiese verwondering
en skugter afwagting—
Jou lewe en wese blom stralend
en jou innerlike skulp oop wanneer
die liefde jou siel pêrelmooi ontbloot
teenoor die geliefde in ‘n eenmalige
grootse ontwaking van jou eerste liefde
en om die opwellende wonder nooit
weer so nuut te ervaar nie—
Janetta – Helena [Babs] ©
4 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Ai daardie oomblik wat niks anders bestaan nie en julle weet dat julle vir mekaar bedoel is. Mooi beskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
hoe pragtig beskryf tannie die eerste oomblik wat liefde ontspring in mens se hart!