Boot Suid Afrika
Die wind klap die seile
skaduwees steier
sommige van ons kyk groot-oog aan,
ander lag, drink wyn
hanteer klein happies kos
met blink lippe
Let op: ‘n gesig nes myne
wit tande gekoppel
onder donker sonbrille
(met ‘n glas huis-rooi
byderhand)
‘n Skilderaar weef
veelklerige golwe
op ‘n doek
Die water ruk, borrel en slaan uit
die sonsondergaan
is soos die gesang van ‘n droom-nagtegaal
die maan
is a wit krab, rustig
teen ‘n diep-blou aandmuur
Alles net ‘n oomblik
in ‘n vloei van kalm, opwindenheid, insakking en
ja, berading (amptelike woordvoerder
se troostende woorde) wat se:
‘die boot
sal (heel of flenters maar, heel moontlik, in een stuk)
hawe bereik’
Die wind klap die seile
maar alles is goed
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.