Jongste aktiwiteit:

Dan mis ek jou weer..

Mis jou in die oggend wanneer die son se eerste straal vir my ‘n knik-oog gee,
en dan wonder waar is jy heen sonder om ‘n traan van my wang af te vee.
Ek weet wat gebeur het is buite ons beheer,
want mens kies nie vir wie jy lief raak,
en maak nie saak wat die lewe na my kant toe gooi,
niks en niemand sal my liefde vir jou kan kraak,
ek mis jou soentjies blaas,
ek mis jou mooi vol wangetjies rooi getooi.

En soos elke dag maar begin sonder jou,
sien ek dit nie net nie maar ervaar dit as ‘n uitdaging.
Want diep hier binne wil my hart nog altyd net vir jou sing,
al brand die liefdeskersie nou effens flou.
Maar ek druk myself deur elke dag,
want dit is ‘n straf sonder jou,
en wanneer ek hartseer is,
mis ek jou pragtige glimlag.

Vanaand kom en dan gaan ek nog ‘n aand deur,
en ek kan voel hoe my hart nog tjoklits klop vir jou,
vir altyd sal jy tog binne my hartjie bly,
want niemand en niks sal jou daaruit kan kry,
vanaand maak ek maar my oë,
en môre oggend as ek my oë oopmaak, dan…
Dan mis ek jou weer!

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed