vrede
vrede
as lig die nuwe dag,
oor horison eggo,
uitreik tot volheid
en die nag verdwyn…
loop jou gedagtes in vrede,
verder as die nou,
loer skemer dreigend
soos moed jou ontbreek
en nog een dag, val…
wonder jy oor môre,
en blydskap se ontvou,
oor aanbidding in velde
binne die natuur se mooi,
asof jy daar is,
in die Tuin,
hand aan hand,
met Hom alleen
©Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.