Jongste aktiwiteit:

Dans deur ons reënboogland

Dans deur ons Reënboogland

 

Vers 1

kom dans saam met my deur ons mooie land

land met die kleure van die reënboog

sorgeloos dans ons deur die plat Vrystaat

waar sy vlaktes ons nog vryvoel toelaat

verby Karoo se stiltes en cambro

windpompe sy wielwater bring na bo

deur die Weskus met sy spierwit huisies

waar vissermanne nog vry kan visvang

 

Koor

saam kan ons dans en tiekiedraai

onder die reënboog draai en swaai

as nasie kan ons saam in eendrag

‘n lied skryf waarop ons kan dans en lag

 

Vers 2

tiekiedraai ons deur die prag van Natal

speel in Kaapstad met ‘n kleurvolle bal

Namakwaland in reënbooggewaad

dan oor die Kalahari duin tot laat

mallemeule deur Gauteng en wildtuin

die reënboog verdwyn oor die duin

as ons trippeldans deur die Laeveld

ons swaai en draai tot in die Hoëveld

 

Vers 3

ons kinders van ons land om vry te wees

onder die reënboog vier ons saam fees

gun mekaar ‘n plekkie onder die son

land van heuning en melk ons lewensbron

vlag met reënboogkleure vrolik waai

kan ons as kinders vrolik swaai en draai

wens om te leef in ons land vol liefde

onder die reënboog leef in vrede

 

Brug

ons reënboogland aan ons toevertrou

van Kaapstad tot by KwaZulu Natal

waarop ons ons toekoms moet bou

oor berge, deur riviere en die diepste dal

ons land waarop ons ons toekoms moet bou

aan jou bly ons altyd met liefde getrou

 

Koor

saam kan ons dans en tiekiedraai

onder die reënboog draai en swaai

as nasie kan ons saam in eendrag

‘n lied skryf waarop ons kan dans en lag

ja, ‘n lied skryf waarop kan dans en lag

©Kopiereg Linda du Plessis 2023




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak