Jongste aktiwiteit:

Die see se liefdessimfonie

Die see se liefdessimfonie

 

Vers 1

die see sing sy mooi liefdessimfonie

klanke van instrumente een twee drie

mengsel van skoonheid en smaak

wat sout op die tong maak

branders teen rotse sag op die strand vee

asem van die mengelmoes reuke uit die see

flymskerp swart rotse rond omsoom

waarteen branders sag klots en wild stoom

 

Koor

die liefdessimfonie orkes het sy dirigent wat die rigting gee

die Heilige Gees wat vir ons met insig en wysheid intree

die liefdessimfonie orkes het ons as sy gehoor

is ons met ons lewens daad en woord die koor

elke mens is van God se simfonie orkes gekies as deel

om in harmonie en dieselfde toonhoogte te speel

 

Vers 2

in harmonie is hoog en laaggety

met oorverdowend dromslaan begelei

wit skuimspat sonder ophou

met watervingers vou

speel al die klanke teen die spierwit strand

die harmonie soos fluit en viool op die sand

saggies oor voete in die see

op dieselfte toonhoogte aftree

 

Vers 3

bladmusiek vir sy seelewe te veel

met seestrome ritmies dirigent speel

soos die see is ons geloof

aanbidding vol van lof

elke orkeslid in God se mooi klank

voller vol maak met glo, vertroue, hoop en dank

die Woord bladmusiek wat ons speel

toonhoogte die liefde wat ons deel

 

Koor

die liefdessimfonie orkes het sy dirigent wat die rigting gee

die Heilige Gees wat vir ons met insig en wysheid intree

die liefdessimfonie orkes het ons as sy gehoor

is ons met ons lewens daad en woord die koor

elke mens is van God se simfonie orkes gekies as deel

om in harmonie en dieselfde toonhoogte te speel

 

©Kopiereg Linda du Plessis 2023

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed