Die Koning kom
1ste Vers
eendag was daar ‘n seuntjie gebore
Sy gesiggie geraam in helder skyn
gesoek deur konings en gehore
moeder-liefde in ‘n krippie klein
oomblik se nederige gebeure
tog eeue later steeds weergalm
in sondaars-harte wat steeds verbeur
hul redding ‘n tinger groen grashalm
Refrein
Halleluja die Koning kom
Halleluja ons wag op Hom
Halleluja die bruidegom kom
Halleluja sy bruid wag op Hom
2de Vers
vir geen heiliges het hy gekom
Sy vriende tollenaars en sondaar
wat eerlik bekeer en glo in Hom
tot Hy Sy koninkryk kom verklaar
wonderlik die wete Hy sal kom
die baniere swaai reeds baie hoog
Sy engele blaas reeds die basuine
saam wag ons blymoedig op Sy troon
Refrein x 3
Halleluja die Koning kom
Halleluja ons wag op Hom
Halleluja die bruidegom kom
Halleluja sy bruid wag op Hom
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie vir die inskrywing.