
EMMERS PROPVOL LIEFDE
EMMERS PROPVOL LIEFDE
vers1
Emmers propvol, van my ware liefde
emmers propvol, net aan jou my liefste
bakkies vol, van al my sagte soene
bring asseblief, tog gou my skoene
vers 2
Emmers propvol van my ware liefde
emmers propvol, net aan jou, my liefste
beddings propvol, van al ons glimlaggies
deel ons saam, al die sonskyn daggies
Koor:
Wandel ons, in my pragtige blomtuin
wandel ons, langs die beddings oor die duin
dan raak ons sommer net ñ bietjie laf
huppel ons saam aan die anderkant af
toe vang ek jou, om styf teen my vastehou
toe vang ek jou, om jouself vir my tehou
dis toe ek, my liefde, aan jou toevertrou
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou liedjies tekoop kontak my gerus
3 Kommentare
-
Vonnie
Eleen, het jy my antwoord op jou privaatboodskap se vrae, onder meer oor hoeveel inskrywings gedoen kan word, ontvang? Ek vermoed dit het nie deurgegaan na jou toe nie?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie Eleen, vir nog 'n inskrywing.