Jongste aktiwiteit:

Boveld nooi

my nooi Karin van die hoëveld
boveld meisie van verlangevlei
vaalhaarnooi – blouoognooi
tintelende wange perskerooi

hoëveld-nooi
boveld-nooi
hartjie o so mooi

plaasnooi met handjies fyn en fraai
draai die naald flink deur kant en breiwerk
krale – stringe – kaartjies
niks bly skeef as haar hand daardeur weef

hoëveld-nooi
boveld-nooi
hartjie o so mooi

lang-arm-dans-koningin wals sy voor
swaaiend lokkend skalkse glimlag
ogies dartel vrolik
bloesend my hoëveld blom se wange

hoëveld-nooi
boveld-nooi
haar hartjie so mooi

jou kosmos kleure fladder oor my
betower my hart en my siel
boveld nooi – hoëveld nooi
saam moet ons ewig fladder en sweef

hoëveld-nooi
boveld-nooi
hartjie altyd mooi
© Teàrlach




4 Kommentare

  • Viooltjie

    Baie oulik, ek het die liedjie geniet

  • Vonnie

    Baie dankie vir jou inskrywing vir die sing-'n-trefferliedjie-los kompetisie.

  • Vonnie

    Omdat hierdie twee inskrywings van jou reeds volledig liedjies is, ('n eerste) wil dit vir my lyk asof daar nog 'n kategorie vir die skryf-'n-trefferliedjie-los kompetisie daar gestel sal moet word. Daarom sal ek dit baie waardeer indien jy vir my die volgende inligting sal deurgee asseblief. (Het 'n privaat boodskap gestuur, maar dit wil voorkom asof jy dit nie ontvang het nie? Verskoon dus maar die reaktiewe kommentaar hier, vriend). Wat beide die liedjies betref, afsonderlik: Name van liriekskrywer(s), komponeerder(s)en sanger(s) en of genoemde persone Ink-lede is? Baie dankie hoor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed