Môre is nie belowe
Waar die see se vlak branders dans
in die lig van die middernag glans
droom ek van jou wat my styf vashou
en ek glo dat die droom
in die sonsopkoms steeds sal aanhou
want môre is nie belowe
en ons almal leef met gister se rowe
maar ons weet dat die son elke dag opkom
en dat die maan aanhou glimlag, so skaam
Ek droom dat jy my styf vashou
en ek vertrou dat my droom
na sonsopkoms steeds sal aanhou
want môre is nie belowe
en ons almal leef met gister se rowe
glimlag maan, glimlag skaam
wyl jou lig my gesig sag omraam
Ek wens dat ons nou kon dans
onder die lig van die maan
se middernag glans
want môre is nie belowe
en geluk is nie vir almal beskore
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie dat jy ook hier drome om die kompetisie weef.