Jongste aktiwiteit:

Dans jou hart uit

Almal het stories, maar kom ons vergeet daarvan. Sommiges is vol brommers ander weer vol vlinders, wat fladder en vlieg oor mens se lewe. Die honger waarna almal streef, is om sorgeloos en sonder bekommernisse die soet en die bitter, die mooi en minder rooi … te vergeet en vergewe.

Dans in die veld, op die ritme van die wind. Dink aan al die mooi om jou, haal weer vry asem. Dans om die vuur, trek paar rubberstewels aan en laat jou hart vuurwarm klop. Wees sexy en sensueel ontspanne en informeel, gee uiting aan jou emosies dans asof inemand kyk nie.

Die Griekse dans, ‘n dans van veugde en liefde.
Ballet, die dans van skoonheid.
Moderne dans, gebruik jou liggaam om gevoellens uit te druk.
Religieuse dans, wees abstrak die dans dans vir oorwinning!
Dodedans, die mag van die dood.
Lyndans, laat al jou sorge in ‘n lang ry staan en vorentoe kyk.
Volksdanse, bewaar jou kulturele erfenisse, en gee uiting aan die gevoel en drifte.
Salsa dans, beweeg daai heupe en skouers.

Voel vry en doen wat jy wil, hou op om te reageer wat gebeur. Dans elke stukkie frustrasie uit jou lyf. Al weet jy nie veel van dans nie, dans net en voel hoe jou liggaam ontspan. Soms is mens net te besig om te oefen, doen die Hip-hop en oefen al jou spiere in jou lyf. Wanneer jy alleen in jou kamer is doen die paaldans, dit gee jou soepelheid en grasie. Vir die maag doen die buikdans, dis goeie oefening vir die bolyf, bors en buik.

Sonder om ‘n woorde te sê praat jou lyf sy eie taal. En wanneer jy manlief wil verlei, doen die belly dans, dit sal beslis die passie in jou huwelik terugsit. Dans jou hart uit, dis goed vir jou!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed