Jongste aktiwiteit:

DIE DANS

DIE DANS

Die nag blaai deur haar klerekas vasgevang in die ruim van onvergankliheid – loer.
Kyk weer; saggies-stadig speel ‘n glimlag met n amperse roekelose genoedoening om haar mond, flikvlooi in haar oe en glip wildsoet oor haar hele gelaat.
Dan.
Vinnig – opgewonde; soos n vrou wat gereedmaak vir die afspraak van n ganske leeftyd, glip sy daai spesiale swartrok oor haar donker hare en voel met with welbehae hoe dit bo-oor haar lyf sypel.
Nes ‘n wilde waterval in volle vloed.
Haar dansskoene pas kaalvoet se loop aan haar voete.
Val passie swymel padlangs dwardeur die sterre en van die blink flikker en flonker klou polkadot-vas aan haar magiese swartrok.
Haar glimlag wyer, mooier. Haar voete jubel lig en onbevange deur die pad reeds gekaart.
By die witglans van die maan vertoef sy n wyle; hou n wynglas van suiwerfyn kristal uit om gevul te word met die glans en geheime van wyn reeds eeue oud en steeds bewaar.
Met ‘n ondeunde dog elegante buiging bedank sy en meesleurend gly haar lyf deur die sandval van uurglastyd; speels bemin haar dansvoete die stille majestyd van die see se fluiterende glorielied – val vlindervlerk dwarsdeur die altyd-daarwees branderbreek. Haar skaterlag duik saam met ‘n glimmend dolfyn in die enigmatiese diepte weg en spat met rou hartstog vas teen die ru en donker rots geplet in raam van herinnering en bittersoet nostalgie.
Die plek wat die mense van ouds genoem het: Die Plek van die Skedel. Hy is reeds daar – wagtend op haar.
Haar rok swiep bo-oor die ruwe terein onder haar voete se hardloop; eers kyk sy net na Hom; vir n wyle – an eternity a while.
En Hy na haar; dan val sy voor Hom neer.
Haar donker hare tuimel bo-oor Sy voete; blink en amper juigend spat die sterreglans van haar rok af, uit haar oe en tuimel teen Hom vas.
Soos ‘n salwing val dit bo-oor elke nuanse van die Man voor haar: ‘Here I am to woreship. Here I am to bow down; here I am to say that You’re my God!’ Teer giet sy die wyn uit fyn kristal bo-oor Sy voete.
Dan.
Dan reik Sy hande uit na haar en trek Hy haar in Sy arms in. Woordeloos praat hulle harte met mekaar; tot.
Totdat Voete en voete spontaan begin dans; dans op die Liefdestitme van Sy hart. Eers n stadige, intieme Slowdance. Totdat dit eb en vloed met die Vuur en Vlam van ‘n Grootse Triomfdans. Dans. n Dans.
Die Dans wat eers sal stop presies 1 minuut na die sterfdatum van die ewigheid… ‘Here I am to woreship. Here I am to bow down; here I am to say that You’re my God!’

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou hart vlindervlerk Slowdance deur die ongetemde labirinte van Sy Pryslose Wees.
©Liza Daniells




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed