Die eed
“In daai plek kan jy vergeet wie jy is,” vertel die Soeker die jong man.
“Hoekom sal ek wil vergeet?” byt hy terug.
“Trevian,” raas sy ma van die ander kant van die kamer af.
“Kyk na my,” sê die ou Soeker en steek sy arms uit terwyl hy in ‘n sirkel draai. Is hierdie die klere wat ‘n helper op ‘n varkplaas ooit sou kon dra? Want dit is wie ek sou gewees het as ek nie na die Skuilplek gegaan het en ‘n Kennissoeker geword het nie.”
“Sê jy my lewe is nie goed genoeg nie?”
“Ek sê vir jou dat jou lewe baie beter – en baie langer – kan wees. Daar is geen rede hoekom jy moet gaan veg nie.”
“Die oorlog. En eer”
“Daar is baie soorte eer.” Die Soeker kyk na die ma en knik. “Nie dat jy veel sê het in die saak nie,” vertel hy die voorafbespreekte leuen. “Jou ma het jou aan ons toevertrou met ‘n eed.”
Dit was voor ek gebore was!”
“Wat haar eed soveel sterker maak as jy wat, terwyl jy dronk is, vir jou vriende sê dat jy saam met hulle sal gaan veg” Die Soeker slaan so hard op die tafel dat beide ma en seun skrik.
“Ek het ‘n eed aan die Wislic van die Skuilplek gesweer in die naam van die Skepper,” sê die ma. “Dit is ‘n eed wat nie gebreek kan word nie.”
“Jy is nou agttien,” sê die Soeker. “Wat beteken dat jy nou aan die Skuilplek verbind is. Jy sal my volg en hierdie malligheid laat staan. Gaan haal jou goed.”
Die ma kyk toe hoe haar oudste die huis saam met die Soeker verlaat en wonder of sy ooit gestraf sal word omdat sy gejok het oor ‘n eed wat sy nooit gemaak het nie.
Storienotas:
“Die eed” vind ook plaas in die wêreld van Airtha-Eyrassa. Ek het nog nie regtig ‘n storie oor die Kennissoekers geskryf nie (behalwe vir die Patreon-ondersteuners wat reeds wêreldbounotas daaroor gekry het). Hierdie was vir Cracked Flash Fiction geskryf en moes korter as 300 woorde wees, so ek het nie te veel ekstra detail ingesit nie, maar die “Skuilplek” waarna hier verwys word is Holt Haliern in die Midlande en nie die Oostelike Bewakers nie (op die kaart word dit met “HH” aangedui).
Om ander stories te lees wat in Airtha-Eyrassa plaasvind, gaan gerus na my DeviantArt- of Patreon-blad. Hulle bevat ook ‘n voorskou van The Ruon Chronicles (ongelukkig nog net in Engels beskikbaar) – https://www.patreon.com/CarinMarais & http://carinmarais.deviantart.com/.
4 Kommentare
-
-
Ronel Janse van Vuuren
Net so treffend soos die Engelse weergawe. Ek geniet nogal hierdie wêreld wat jy geskep het :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Was baie interessant gewees dankie