Jongste aktiwiteit:

die finale rondte

die finale rondte
geskryf deur Dale Penderis ©

My gedagtes is soos n renbaan
en gister jaag héél voor
môre wil wil deurbreek
maar word weer gou ontspoor
hede doen sy bes
hou gehoorsaam in sy baan
maar kruie kort kort slakkegang
en betwyfel sy bestaan
hoop steek verby en por vir hede aan
opnuut gestig en aangevuur
ry hy en hoop weer saam
die vlaggieswaaier skree kliphard
nét nog één rondte oor
hou jou oë op die wenstreep
dan kán jy nie verloor

tot in ewigheid dieselfde, gister en vandag
die grand prix is reeds gewen
in die volheid van Sy krag




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed