Jongste aktiwiteit:

Die hemel weet hoe lief ek is vir jou …

Huppeltjie, trippeltjie, druppeltjie dou,
die hemel weet hoe lief ek is vir jou.
Want waneer ek hartseer is vertroos jy my,
waneer ek na familie verlang weet ek jy is altyd naby.
Jou oë vertel vir my ‘n verhaal van altyd saam wees,
ek is altyd daar vir jou in liggaam en in gees.

Waneer ek jou soen hoor ek hoe die engele dans,
en alles wat jy vir my sê word waar.
Alles wat jy doen, doen jy reg,
daarom wil ek jou meer en meer soen.

Jou liefde is vir my ‘n geseënde lewenspad,
want dit maak nie saak hoeveel keer ek verdwaal.
Ek weet jy sal my kom haal,
selfs al val ek in Kimberley se gat,
weet ek jy sal jou bes probeer om my te red,
jy gee soms baie meer om as wat mens eintlik moet,
en dit is hoekom ek jou so lief het.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed