Dit moes liefde gewees het …
ek kry jou fluister op my kussing
ek sien die winter op die grond
as ek wakker word is ek alleen
die maan ‘n groot bal, koelrond
daar is stilte in die lug
in my kamer, rondom my
tog hoor ek jou nog fluister
in ‘n droom so pas verby
ek kan nog altyd dink dat ek
beskermd in jou hart kan staan
maar soos ‘n traandruppel op jou wang
sien ek hoe ook dit verby kon gaan
dit moes liefde gewees het
maar weg is nou die spoor
jou wonderlike voelgoed liefde
het ek vir goed verloor
© borrels
4 Kommentare
-
-
neels
tipies Borrels, kort kragtig en pragtig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dis nou baie mooi, Borrels!