Die Lammetjie van God – Openbaring 5 verse 9-14
Liewe Jesus, U het mens kom word volgens God se opdrag,
geklee net in growwe doeke …atermies in die voerbak van die vee.
Die diere se warm asems U soewereine wolkombersie;
ál verweer teen die aanslae van ‘n ongehoorsame wêreld
wat ontbeerd is aan Wysheid, nog so dom is oor God die Vader.
U kon nie terugvlug nie, U tyd was al amper weer volbring, Liewe Jesus!
U eerste spoor trap reguit na ons, maar sonder enige van die Goddelike magte.
U word groot en leer om die wie lewenddood is, op te wek,
die van ons wie loop en slaap, wakker te bid.
Jesus, U kom die sonde wat al baie eeue lank lewens verlam,
liefde opkerf, wat ons op die lappopashope van die lewe weggooi,
U kom dit God Sy dank alles omvangryk kruis om Ú skouers, want
U het gehoorsaam kom leef soos ons …om gehoorsaam te kom sterf …vír ons.
Die sonde van die aarde het U só verblind, U oë gegrendel in ewige gebed
teen die haat en nyd van konings, heretiese én gewone mense.
Ons Kersgeskenk kom: U wink ons op U rooi tapyt na ‘n Nuwe Lewe!
U kom breek deur die spiraal van ongeregtigheid,
kom ons leer dat toegewyde liefde maklik kom en goed en reg is,
dat dissipelskap ‘n skuimende maalkolk word,
dat om Wysheid te kry, genade is, daarom dat ons God Driemagtig kan
loof met hand …en hart en siel …met als – want g’n grense kan meer keer!
Nou gaan ons juig en Halleluja lééf. Ons prys ons opgestane Heer!!
Nie ál die stemme van die wêreld oor kan Hom ooit genoeg besing,
kan Sy benaamdes se eer aan Hom bring, álles wat Hom toekom nie …
Hy verdien só dat ‘n koninklike purper mantel behaaglik om Sy skouers nestel
in die plek van hierdie ewigbloeiende sondekroon wat ons Hom só graag gee;
vir Liefste Jesus …hierdie Liefste Lam van God …
met die wond aan Sy nek …
@Henna Naude Des 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.