Die Mooi Binne Jou
Toe ek verby jou vel kon kyk
en dieper sien
hoe jy, die mens, nou waarlik lyk
was ek verstom
oor al die skoonheid
wat daar in een mens kan blom
die reënboogkleure is te min
om al die mooi
wat binne jou is uit te bring
©14/12/2018 Anton Bosch
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Is dit nie die absolute essensie van enige verhouding, om verby die kruik te kyk en die inhoud te verken? Dis liefhê, sonder voorbehoude, ongeag. Dis diep waardering vir al die kleure en fassette van die blom wat binne ontvou. Tog wil ek byvoeg daardie liefde gee, laat die blom ontvou in 'n reënboog van kleure. Sulke eenvoudige woorde wat so diep dankie sê, dat jy my toelaat om verby jou vel te kan kyk!