Jongste aktiwiteit:

DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 12

HOOFSTUK 12

Kas se ergste bevrese word bewaarheid toe hy by die woonstel in Laurahof kom. Duidelik n luukse woonstel blok en kom hy voor dooimansdeur te staan toe hy op die tweede vloer aan die deur van nommer 35 klop.

Na n paar keer se geklop en doodse stilte wat hom uit die woonstel begroet gaan die woonstel langsaan se deur oop. Dit is n duidelik gegoede, ouerige dame wat in die deur verskyn en vra of sy kan help.

“Dame, ek is dringend op soek na Shireen Hatfield wat blykbaar hier woon. Ek is kaptein Dreyer van moord en roof”, stel Kas homself voor.

Die vrou sluit haar deur oop en kom uit. By Kas steek sy haar hand uit: “Irene Terblanche. Kaptein sy is vanoggend hier uit met n klomp tasse. Sy moes omtrent drie keer loop om al die tasse in haar motor te kry. Ons ken mekaar redelik goed en toe ek vra waar sy heen gaan het sy geantwoord dat sy vir n paar weke Kaap toe gaan met vakansie”.

“Mevrou kan ek n paar oomblikke met jou gesels’, vra Kas met die hoop dat sy hom sal innooi in haar woonstel in.

“Kom ons gaan sit daar in my woonstel kaptein dan kan ons daar gesels oor n lekker koppie tee”, nooi Irene hom in.
Kas is so haastig dat jy kan toor met hom maar besef ook dat hy nou geduldig sal moet wees, Irene kan n waardevolle getuie wees in hierdie saak. Sy kan dalk ook nou belangrike inligting gee wat sal help om Shireen op te spoor. Dit kan dalk ook net moontlik wees dat sy weet van Stephen Morrison en hom kan uitken as n gereelde besoeker by Shireen Hatfield.

Kas word genooi om te sit in die sitkamertjie, eenvoudig maar smaakvol gemeubileer. Irene stap dadelik deur kombuis toe om vir hulle te gaan tee maak terwyl sy land en sand vertel dat sy n weduwee is. Sy vertel dat haar man vyf jaar terug oorlede is en dat hy n afgetrede bankbestuurder was. Sy vertel Kas van haar twee kinders en Kas besluit hy sal sy vrae begin vra sodra sy kom sit het en vir hulle tee ingeskink het.

Gelukkig vir Kas skep sy self die geleentheid vir sy vrae toe sy kom sit met die skinkbord met tee en vir hulle ingooi nadat sy vir Kas gevra het of hy melk en suiker neem en vir hulle skink en Kas se koppie aangee.

“Kaptein jy moet maar verskoon dat ek so baie praat. Ek kry nie eintlik besoekers nie en jy wil seker weet van Shireen”, vra sy terwyl sy Kas se tee aangee.

Kas vra dadelik: “Mevrou hoe goed ken jy vir Shireen”.

“Ek weet nie veel van haar af nie. Al wat sy my vertel het is dat sy ryk ge erf het en nie nodig het om te werk nie. Sy het ook nie eintlik besoekers gekry nie behalwe n middeljarige man wat haar gereeld besoek het en dan lank hier vertoef het”, antwoord Irene terwyl hulle aan hulle tee sluk.

Kas skiet sy volgende vraag: “Het sy ooit vir jou vertel wie hierdie besoeker is”.

Irene skud haar kop: “Nee kaptein maar die enkele slae wat ek hom gesien het kon ek aan sy kleredrag sien dat hy baie wel af moet wees. Altyd in n netjiese pak klere geklee met n luukse aktetas by hom. Sy het my vertel dat dit haar ouer broer is maar dit maak nie sin nie. Hy is darem heelwat ouer om haar ouer broer te wees”.

Kas glimlag en vra: “Mevrou wat is jou eerlike opinie omtrent hierdie gereelde besoeker van haar”.

Irene bloos bloedrooi: “Kaptein ek dink sy is sy minnares en dat hy haar onderhou. Jy moet die luukse motor sien wat sy ry, so n silwer Audi TT. Haar kleredrag is van die duurste en jy moet die meubels in haar woonstel sien, van die beste en duurste wat daar is en uiters modern”.

Irene swyg n oomblik en kyk dan fronsend na Kas: “Kaptein hoekom is jy so dringend op soek na Shireen”.

“Mevrou ek is besig om die moord op Rebecca Morrison te ondersoek en sy kan my baie help met hierdie ondersoek. Dit is dringend noodsaaklik dat ek haar opspoor”, antwoord Kas.

Irene slaan haar hande saam en trek haar asem in: “Kaptein dit slaan my nou soos n vuishou tussen die oë. Ek het eers gedink ek verbeel my maar noudat jy die van Morrison noem, Stephen Morrison se foto wat in die koerante verskyn het en haar gereelde besoeker is dieselfde man”.

Kas trek sy asem stadig in, hier het hy die bewys dat daar n verbintenis tussen Stephen Morrison en Shireen Hatfield is.

“Mevrou Terblanche, as jy Stephen Morrison persoonlik sien sal jy vir my positief kan bevestig dat dit wel Shireen se gereelde besoeker is. Ek gaan eerlik met jou wees, ek dink Shireen is die een wat Rebecca vermoor het”, vra Kas.

Irene raak opgewonde. In haar saai bestaan is sy nou skielik deel van n moord ondersoek en antwoord sy dadelik: “Ja kaptein. Wanneer gaan ons reël dat ek hom tesiene kan kry dat ek jou kan sê of dit hy is”.

“Sommer nou mevrou. Ek en jy gaan sommer nou na sy kantoor toe en as dit hy is het hy baie om te verduidelik antwoord Kas terwyl hy opstaan.

By Stephen se kantoor moet hulle by sy ontvangsdame hoor dat hy nie beskikbaar is nie want hy is op die aandelebeurs se vloer besig en mag nie gesteur word nie.

Kas toon sy identifikasiekaart vir die blonde ontvangs dame: “Juffrou dan gaan roep jy hom en sê vir hom dat kaptein Dreyer hier vir hom wag en hom wil spreek oor Shireen Hatfield”.

Blondie tel n telefoon op en maak n oproep. Sy praat baie sag en kan Kas nie hoor wat sy sê nie maar toe sy die telefoon neersit wys sy na Stephen se kantoordeur: “Julle kan maar ingaan, hy is oppad”.

Dit is n duidelik ergerlike Stephen wat sy kantoor na n paar minute inkom en dadelik vererg vra: “Wat is so dringend kaptein. Ek is besig met belangrike transaksies op die vloer”.

Kas kyk vir Irene wat liggies met haar kop knik om Stephen positief te identifiseer.

“Meneer Morrison, ek wil jou voorstel aan Irene Terblanche, Shireen Hatfield se buurvrou. Sy het jou nou net positief geidentifiseer as n gereelde besoeker by Shireen Hatfield”.

Morrison voel of hy lam word en weet hy, sy verhouding met Shireen moet nou op die lappe kom.

“Kaptein ek weier om verder met jou te praat sonder om regshulp in te win”, val Stephen dadelik aan.

Kas val dadelik terug aan: “Ek dink ook jy moet nou n regsverteenwoordiger kry meneer Morrison. Ek het jou herhaalde kere gevra of jy n minnares het wat jy ontken het. Ek kan jou nou arresteer vir dwarsboming van die gereg maar ek gaan jou net versoek om saam met my te kom vir verdere ondervraging. Jy is welkom om jou prokureur te skakel want ek het nou baie vrae om te vra, onder andere waarom het jy vanoggend twee honderd duisend rand in haar rekening oorgeplaas. Ek wil ook n verduideliking van jou kry van die gereelde bedrae wat jy in haar rekening oorgeplaas het, waarom betaal jy haar woonstel huur om maar n paar op te noem. Was dit om Shireen Hatfield uit jou lewe uit te kry omdat jy weet dat sy jou vrou vermoor het dat jy so n groot bedrag betaal het”.

Stephen word krytwit want hy besef dat hy nou vas is. Benoude katte maak benoude spronge en besluit Morrison op daardie oomblik dat hy Shireen nie verder gaan beskerm nie, dit is nou elkeen vir homself.

“Kom ons gaan kaptein. Ek sal jou vrae soveel as moontlik beantwoord”, antwoord hy Kas.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed