Die Natuur se prag
Die Natuur se prag.
Dis skemeraand, die son besig om onder te gaan,
die prag van die natuur, ‘n perd ai tog so mooi.
peusel, peusel loop en gras kou,
sterte wat vliee een vir een weg jaag.
loutering van gedagtes maal in my kop.
Dis skemertyd en dit raak stil hier binne my,
ganse juig met hul geluide, deur die stilte
wanneer broodkrummels oor mure verruis.
hoendertjies en kuikentjies loop die werf vol
pik, pik hier en stap, stap daar.
Hiert jou kleine vabond, spring hasie so
wrintiewaar uit sy gaatjie reg voor my
wie kan die stilte meer waardeer
as ek dink aan die plaas, o so ver.
Stadig sak die sonnetjie oor die punte
van die groot bome, na skemering
hoe, pragtig ‘n foto met die swart silhouette
van bome op die voorgrond, en son doer ver
voeltjies wat tjirp, tjirp in die bome
wat ‘n rustigheid bring met die son wat sak.
Louisa van Vliet (Amazon)
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Amazon, baie dankie vir jou inskrywing hoor.