DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 1
HOOFSTUK 1
Ingedagte staar Irene Swart na die naakte beeld van haarself, in die groot spieël teen die muur van die badkamer, nadat sy klaar gestort en haarself afgedroog het. Die warm water het haar verfris op hierdie heerlike warm lenteoggend. Dit is Vrydagoggend en na n vermoeiendende week op die regbank sal die naweek haar net verkwik. Buite is dit of die tortelduiwe en mossies n nuwe lied aanhef om die warmer weer te verwelkom. Irene voel ook dat die winter koue is besig om te wyk, iets wat sy baie dankbaar voor is want sy was nog nooit n wintermens nie. Vir haar is dit altyd of wintersklere haar wil versmoor en vasdruk. Daarenteen voel sy vry en ongebonde in ligte somersklere.
Die beeld wat na haar terugstaar is die van n middeljarige vrou met n plooitjie hier en daar. Haar lang swart hare waar die grys hier en daar begin deurslaan, hang in nat slierte tot op haar skouers. Sy moet glinlag by die gedagte dat sy vir haar vyftiger jare ouderdom goed lyk. Haar borste is vol en ferm, ten spyte van drie kinders wat sy in die wêreld gebring het. Haar maag is nog plat en haar bene sal enige jong meisie groen van jaloesie laat. Irene het deur die jare haarself goed versorg en nou pluk sy die vrugte daarvan. Daarby is Irene n vrou wat altyd smaakvol aantrek en die meeste van die tyd lyk dit of sy pas uit n modeboek uitgestap het.
Sy sug en draai weg van die spieël af om haar kamerjas aan te trek sodat sy kamer toe kan gaan om haar hare te droog en gereed te maak vir die dag, nog n dag op die regbank wat sy oor misdadigers se lot moet beslis.
Haar slaapkamer met die luukse dubbelbed wat sy nie meer met haar man, Herman, deel nie. Teen die een muur hang n groot landskap skildery van n toneel van n eensame windpomp op die dorre Karoovlaktes. Die skildery bring altyd rustigheid in haar gemoed en is dit of die rustigheid van die toneel met haar praat.
Swaar geel gordyne, haar gunsteling kleur, wat nou oopgetrek is voor die groot venster, bied haar volle uitsig op die agterkant van die erf waar sy kan sien die gras begin ook nou die vaal wintergewaad afskud en groen spriete begin uitstoot. Haar oog vang die lapa waar hulle altyd saam gebraai het maar dit gebeur deesdae maar min, net as die kinders kom kuier en Herman nie op n visvang ekspidisie is nie.
In haar kamer gaan sit Irene op haar bed om die opkomende son se strale deur die oopgetrekte gordyne oor haar liggaam te laat spoel voordat sy die gordyne toetrek. en op die kant van haar bed gaan sit nadat sy haar haardroër aangeskakel het en haar hare begin droog.
Terwyl sy haar hare droog hardloop haar gedagtes terug in die verlede in en begin haar lewe soos n kort film voor haar geestes oog afspeel.
Haar kinderjare was gelukkige jare, jare waarin haar ouers alles gedoen het om hulle enigste dogter en kind alles in die lewe te gee wat hulle kon. Na haar matriek is sy universiteit toe om in die regte te studeer en het sy na universiteit by die department van justisie as staats aanklaer begin werk. Haar pa was n staats aanklaer en was hy baie trots daarop dat sy dogter in sy voetspore volg. Sy het later gevorder tot landdros en is sy nou een van die senior landdroste in die plaaslike landdros kantoor waar sy in strafreg spesialiseer. Die hoof landdros, Maryna Vosloo tree binnekort af en het sy haar oog op Maryna se pos as hoof landdros.
Van haar loopbaan het sy dus n groot sukses gemaak maar daar kom n trek om haar mond as sy dink dat sy nie dieselfde van haar huwelikslewe kan sê nie.
Sy was een en twintig toe sy Herman Swart ontmoet het. Nege jaar ouer as sy maar het dit haar nie afgesit om in n vurige verhouding met die nuwe landdros te beland nie
Die aantreklike swartkop man het dadelik haar voete onder haar uitgeslaan en is hulle na n jaar getroud. Hulle huwelik was gelukkig en is hulle drie kinders, Jannie Pieter en Sanet, almal universiteit toe om in die regte te bekwaam. Al is hulle nog nie getroud nie het hulle vaste vriendinne en Sanet n vriend met wie sy wel gaan trou.
Dit was net na Herman se aftrede twee jaar terug wat dinge begin verander het. Stadig maar seker het hulle begin uitmekaar dryf en het hy later in n ander slaapkamer ingetrek en het hulle nie meer n bed gedeel nie. Van seksuele bedrywighede was daar nie meer sprake nie. Die atmosfeer tussen hulle het al kouer geword en is hulle nou op die stadium dat hulle net die noodsaaklike woorde met mekaar begin wissel.
Alhoewel Irene haar bes probeer het om hulle huwelik te herstel was haar poging onsuksevol, Herman het net nie meer belang gestel nie. Sy vermoed dat impotensie toegeslaan het maar dat hy dit nie wil erken nie. Sy het met hom daaroor probeer praat maar het dit hulle net verder uitmekaar gedryf. Irene is n vrou met n baie warm seksuele natuur en het hierdie toestand haar teen die mure begin uitdryf.
Terwyl Irene se gedagtes nog loop haal sy haar klere uit die kas uit vir die dag. Sy is lief vir baadjiepakke vir werk met n wit bloes met n effense lae hals. Die bietjie borste wat wys bedek sy gewoonlik in die hof met haar toga. Vir die dag kies sy n swart baadjiepak en terwyl sy begin aantrek dwaal haar gedagtes verder.
Hoe dit gebeur het weet sy nie. Saans as sy alleen in haar kamer is het sy op Facebook begin aktief raak om die eensaamheid te verdrywe en het sy via Facebook vir Armand Verwey ontmoet. Eers het hulle net gesels maar het die gesprekke naderhand n seksuele kleur begin kry.
Vir Irene, met haar warm seksuele natuur, was dit n nuwe opwindinde ontvlugting om aan haar seksuele drange uiting te gee.
Herman het begin om al meer naweke op visvang ekspidisies te verdwyn en toe Armand voorstel dat hulle mekaar ontmoet het sy daarvoor geval. Sy en Armand het gereeld twee maal n maand saam begin kuier in n gastrehuis wat in seks orgies ontaard het. Vir die warm vrou in Irene was dit die ideale geleentheid om van haar seksuele stres ontslae te raak.
Klaar aangetrek gaan sit Irene voor die spieël om haarself te grimeer. In die kombuis kan sy Herman bedrywig hoor, besig om vir hulle ontbyt te maak. Vandat hy afgetree het het hy die kosmaak pligte op hom geneem, behalwe naweke wanneer hy gaan vis vang. Die kombuis is modern toegerus en skort daar niks nie. Kosmaak is dis nie baie moeilik nie en word die skottelgoed net later in die skottelgoedwasser gedruk.
In die kombuis groet hulle mekaar en gaan sit sy saam met hom aan om hulle ontbyt van spek roosterbrood en eiers te kan geniet.
“Wat is jou planne vir die naweek Herman”, vra Irene terwyl sy haar koffie wegsluk nadat hulle ontbyt in stilte geniet het.
“Ons gaan vir die naweek Vaaldam toe op n visvang kompetisie. Wat is jou planne vir die naweek”, kom die antwoord.
“Ek het vandag n moeilike saak waarin ek uitspraak moet lewer. Verkragtingsaak waarin die slagoffer vermoor is. Die beskuldigde is n ou kalant met vorige veroordelings. Ek is van plan om hom vir hierdie brutale verkragting en sinnelose moord lewenslank tronk toe te stuur of ter strafsitting hooggeregshof toe te verwys. Ek sal maar hier by die huis wees, miskien by n vriendin gaan kuier”, antwoord Irene terwyl sy opstaan nadat sy klaar koffie gedrink het.
“Ek ry netnou en sal ook eers weer Sondag terug wees. Sien jou dan Sondagmiddag”, antwoord Herman terwyl Irene die kombuis verlaat om haar handsak te kry en kantoor toe te vertrek.
In haar kamer stuur sy vir Armand n vinnige boodskap op haar skootrekenaar: “Sien jou vanaand soos ons bespreek het Hy gaan vir die naweek visvang tot Sondag toe en sal ons Saterdag aand ook kan oorbly”.
Irene maak die skoot rekenaar toe, baie opgewonde oor die naweek wat voorlê en vergeet die rekenaar op haar bed, iets wat sy gewoonlik nooit doen nie.
Irene verlaat die huis, waai vir Herman in die verbygaan, en klim in haar wit Volkswagen Jetta om kantoor toe te gaan. Terwyl sy uitry gly haar oë oor die voorkant van hulle pragwoning en die goed versorgde voortuin. Dit is wat hier in jare saam opgebou is wat tussen haar en n egskeiding staan. Sy sien nie kans om die helfte van alles aan Herman af te staan nie want hulle is in gemeenskap van goedere getroud. Dan maar liewer aangaan soos hulle nou aangaan. Die ander probleem is dat Herman die grootste finansiële bydrae tot die koop van die huis gemaak het. Hy het het met aandele begin spekuleer en heelwat geld op die aandelebeurs gemaak met n paar vernuftige transaksies. Hy het altyd al die betalings bewyse gebêre en kan maklik bewys dat hy die grootste finansiële bydrae tot die koop van die huis gemaak het.
Haar minnaar is n redelike veilige minnaar wat ook van tafel en bed geskei is. As versekeringsmakelaar wat landwyd werk is dit maklik vir hom om n verskoning op te tower om by die huis weg te kom vir n passievolle Vrydagaand en soms Saterdag ook tot hulle Sondag oggend vroeg huis toe gaan.. Tien jaar jonger as sy is hy vir haar die ideale minnaar met sy gespierde liggaam en is hy op sy top wat seksuele drange aanbetref. Al hierdie gedagtes laat haar glimlag en voel sy tog baie tevrede met haarself toe sy by haar parkeerplek by die landdroskantoor intrek.
Voor sy ingaan loer sy vinnig op haar telefoon om te sien of Armand haar boodskap geantwoord het, die boodskappe wat op haar skoot rekenaar deurkom kom op haar foon ook deur en die antwoord is daar: “Kan nie wag nie. Dit gaan n wonderlike naweek wees. Ek het gereël dat ek n makelaars konferensie moet bywoon vir die naweek en word ek ook nie voor Sondagmiddag weer tuis verwag nie”.
Irene voel die opgewondenheid deur haar liggaam spoel toe sy uitklim, haar aktetas neem, en begin aanstap na die ingang toe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.