DIE WEERWRAAK MOORD HFSTK 2
Oppad na haar kantoor groet Irene die mense wat sy in die gang sien vinnig, haar gedagtes is klaar by die naweek wat voorlê. In haar kantoor handel sy n paar sakies af voordat sy die dossier oor die saak, waarin sy netnou moet uitspraak lewer, voor haar trek en gaan sy dit weer vinnig deur. Haar finale besluit is dat hierdie verkragting en moord vooraf beplan was en dat sy die beskuldigde ter strafsitting gaan verwys. Vinnig skryf sy haar besluit neer en plaas dit in die dossier voordat sy aangaan met n paar ander dossiere wat op haar lessenaar lê.
Toe die hofordanans haar roep trek sy haar toga vinnig aan en stap die hofsaal binne om haar plek op die regbank in te neem.
Nadat die wat teenwoordig is in die hof deur die hof ordonans geroep is: “Almal staan asseblief”, neem sy haar sitplek in en knik met haar kop om aan te dui dat almal mag sit. Die hofordonans roep die saak en sit sy haar bril op. Sy laat haar oë oor almal gly en kom haar oë op die beskuldigde tot stilstand
Koue wrede gevoellose oë wat na haar terugstaar en sy voel n koue rilling deur haar trek. Sy skud egter die gevoel van haar af en begin met haar uitspraak aangesien die staatsaanklaer en die prokureur vir die verdedeging reeds gister hulle sake gesluit het.
In haar uitspraak bevind sy die beskuldigde se getuienis ongeloofwaardig. Sy wys daarop dat die staat n waterdigte saak opgebou het en dat haar bevinding is dat hierdie n verkragting met voorbedagte rade was. Die beskuldigde se verklaring dat die slagoffer hom uitgelok het met skamele kleredrag en suggestiewe tekens word verwerp. Die feit dat die beskuldigde die slagoffer se huis reeds bewapen betree het dui daarop dat dit sy plan was om die slagoffer te verkrag en dan te vermoor om te verhoed dat die slagoffer n saak teen hom maak. Wat tot verswarende omstandighede aanleiding gee is die wreedaardige manier wat hy die slagoffer vermoor het nadat hy haar verkrag het
“Die hof bevind dus die beskuldigde skuldig aan verkragting en moord. Aangesien dit n vooraf beplande daad was en die beskuldigde reeds vorige veroordelings het verwys die hof hierdie saak vir strafsitting na die hoog geregshof. Die beskuldigde kom ook nie in aanmerking vir borgtog nie en sal in aanhouding bly. Die hof verdaag”, sluit sy haar beslissing af.
Dit is toe sy opstaan en die beskuldigde vas in die oë kyk wat sy weer koue rillings deur haar kry toe sy die koue haat waarmee hy haar aankyk sien. Agter hom staan nog n man en kyk haar met net sulke haat in die oë aan voordat hy vooroor buk en iets in die beskuldigde se oor fluister voor die polisie hom wegvat.
Die een wat met die beskuldigde gepraat het steek skielik sy arm in die lug met n gebalde vuis en skree: “Jy gaan betaal hiervoor jou wit teef”.
Daar kom n beroering in die hof en druk die een wat geskree het vinnig deur die mense deur om uit die hofsaal te kom voordat iemand hom kan keer.
Irene vlug uit die hofsaal uit met n bonsende hart na haar kantoor toe.
Na die saak het Irene nog twee sake wat voorkom, in die een inbraak saak vind sy ook die beskuldigde skuldig. Omdat hy reeds vorige veroordelings het vonnis sy hom tot vyf jaar gevangenis straf en in haar laaste saak verloor die staat sy saak in die onervare hande van n junior aanklaer, wat deur n ervare prokureur onder stof geloop word, en sy die saak uitgooi. Alhoewel sy weet die beskuldigde is skuldig het die ondersoekbeampte droog gemaak met die ondersoek en het die prokureur hom aan flarde geskeur. en moet sy die saak aan die einde van die dag op tegniese punte uitgooi.
Die hele tyd egter pla die koue dooie oë wat haar vol haat aangestaar het in die eerste saak haar maar na die laaste saak gaan sit sy vir n rukkie in haar kantoor om net tot haar sinne te kom voor sy ry.
By die huis gekom is Herman reeds weg en spring sy gou onder die stort in. Dit gaan vinnig want sy raak nou haastig om net weg te kom van alles af en kalmte en rus in Armand se arms te gaan soek.
Sy gooi inderhaas n paar stukkies klere in n tas en besluit om n redelik uitlokkende somers rokkie aan te trek wat baie been en baie borste wys. Sy kan voel haar liggaam smag na n man en wil sy vannag n passievolle warm liefdesnag saam met Armand deurbring om die honger in haar liggaam te stil.
Klaar met alles gooi sy haar tassie in die kattebak, sluit die huis en sit die alarm aan. Sy sit n laserskyf met country musiek in die laserskyfspeler en vat sy die pad na die gastehuis toe waar hulle gereeld hulle liefdesnaweke deurbring. Sy is so haastig dat dit haar weer ontgaan om haar skoot rekenaar te bêre.
Uur later stop sy in die parkeerterrein voor “Roses Inn”. Vinnig kyk sy of sy Armand se Audi gewaar en dan sien sy die wit Audi, Armand is reeds daar.
Toe sy die ontvangslokaal instap sien sy hom dadelik waar hy in n gemakstoel vir haar sit en wag. Toe hy haar sien staan hy dadelik op en stap na haar toe. Woordeloos omhels hulle mekaar en neem hy haar tassie by haar.
“Ek het klaar ingeteken liefling ons kan maar gou kamer toe gaan en gereed maak vir aand ete”, groet Armand haar en neem hy haar hand en lei haar kamer toe.
Die gastehuiseienares, Rosie Cronje, kyk hulle peinsend agterna. Sy weet goed hulle is nie getroud nie maar dit is haar gaste en bly sy maar stil. Sy wil in elk geval nie te persoonlik betrokke raak by haar gaste nie. Die sogenaamde meneer en mevrou Verwey is gereelde besoekers maar het sy Irene Swart lankal erken en omdat hulle sulke gereelde besoekers is wil sy hulle nie verloor nie, hulle is in elk geval nie die enigste skelm paartjie wat van haar gastehuis gebruik maak nie.
In hulle kamer pak Armand en Irene rustig hulle naweektassies uit en merk Armand op terwyl hy deur die venster kyk: “Ek sien die wolke is besig om saam te pak. Ek dink dit gaan kom reën vannag. Ek het oor die radio die weervoorspelling geluister en hulle voorspel donderbuie vir vannag en more hier oor ons wêreld’.
Irene antwoord dadelik: “Ek hoop net nie die visvang kompetisie reën uit nie want dan gaan Herman more vroeg huis toe kom. Ons sal die weer moet dophou en sal ek hom moet sms vroeg oggend om te hoor hoe dit daar gaan anders gaan hy huis toe kom Saterdag. As ek nie daar is nie gaan dalk wonder waar ek is.
“Kom ons gaan stort dat ons kan gaan eet. Ek is lus vir n passievolle liefdesnag”, antwoord Armand.
Hulle gaan stort saam en begin met n stomende voorspel onder die stort voordat hulle onder die stort uitklim, gedurig in mekaar se arms is maar uiteindelik aangetrek kom om te gaan eet. Irene trek haar uitlokkende somersrokkie aan en Armand net n kortbroek en n hemp.
Die ete is n heerlike boere ete bestaande uit skaapvleis, gebakte aartappels, met kerrieboonties en rys daarby met n ligte gemengde slaai. Ten spyte van die heerlike gereg kan Armand sien dat Irene bekommerd is. Buite hoor hulle die weer begin dreun en dit dra beslis tot Irene sr bekommernis by. Dit is of sy begin onrustig en gespanne raak maar terug in die kamer werp sy die spanning van haar af. Hulle is skaars in die kamer of hulle is in die bed om n warm passievolle liefdesnag te geniet waarin hulle die sluise in hulle smagtende liggame ooptrek en is dit baie laat voordat hulle uigeput aan die slaap raak.
Die oggend skrik hulle vroeg wakker. Stil lê hulle naak in mekaar se arms en luister na die donderweer wat dreun buite. Irene raak onrustig en klim uit die bed uit. Sy neem haar telefoon op en stuur vir Herman n boodskap: “Hoe lyk die weer daar by julle”.
Dadelik kom die antwoord terug: “Dit is swaar bewolk en het nou swaar begin reën. Verlede nag sag gereën. Die weerlig begin ook nou erg raak teen die horison. Ek dink ons sal seker maar nou nou oppak en huis toe gaan want die donderweer is besig om nader te kom”.
Skielik val dit haar by van haar skoot rekenaar en vlieg sy vervaard op: “Armand, ek moet huis toe gaan. Hulle gaan nou nou oppak want die weer is besig om swaar te word daar. Ek het my skoot rekenaar op die bed vergeet en as Herman my nie by die huis kry nie en hy gaan krap daar het ek groot moeilikheid”.
Armand voel dadelik aan dat dit die einde van hulle naweek is en niks Irene daar gaan hou nie. Hy is teleurgesteld maar besef ook dat hy niks daaraan kan doen nie maar tog probeer hy: “Irene jy kan mos altyd vertel dat jy by n vriendin was en ek glo nie hy sal sommer op jou rekenaar gaan krap nie”.
“Dit is te gevaarlik Armand. Hy sal wil weet by wie ek was en dan kan hy altyd opvolg. Hy is en elk geval nie gewoond daaraan dat ek uitslaap nie. Al wil ek nie ek het nie n keuse nie, ek sal vinnig by die huis moet kom voordat hy daar is en agterkom dat ek nie by die huis was nie”.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.