
Dis lekker om te vlieg
Dis lekker om te vlieg
Onlangs het ek êrens in ‘n vertrek gesit
en my verbeel dis die binneruim van ‘n vliegtuig.
Sien, dis nie so klein nie, het ek vir myself gesê.
Die wande van hierdie gebou gaan nie
al nader en nader kom en my asem wegvat nie.
Ek gaan okay wees.
Die rescue remedy is in my handsak.
Ek het nog nie die verpakking oopgemaak nie,
want dit gee my iets waarmee ek myself kan besig hou.
Dit is iets om op te konsentreer ~
iets anders as die nabyheid van die stoel voor my
en die grootte van vliegtuigvenstertjies,
wat so verskriklik klein is.
*
Hy staan vér weg op ‘n eiland
in die middel van ‘n meer.
Ek kyk vir hom,
ek sien sy oë.
Ek is nie seker of dit donker of blou is nie.
Dis lekker om te vlieg, sê hy.
*
Dis lekker om te vlieg,
dis lekker om te vlieg,
dis lekker om te vlieg . . . herhaal ek ~
êrens in die binneruim van my kop.
© C. Shaw
21 Oktober 2016
4 Kommentare
-
-
Kiekies
En eintlik is dit baie lekker om te vlieg. Amper so lekker as om jou werke te lees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Carma vlieg bly maar n onvergeetlike ervaring