Jongste aktiwiteit:

durm und strang

uit newels van sy verlede
klink dawerend die akkoorde
van storm en drang
in aand gesang

soos knetterende vuur
vertolk in sy laaste uur
die oneindige soek na êrens
in die wêreld se nêrens

in sy brein blits weerlig
van boodskappe swak belig
liefdes verklaring lank verlore
geluk hom nooit beskore

emosie van sy hede
soos swaard nog in sy skede
wil beelde telkens opflikker
in Déjà Vu verklikker

©Teárlach.
(Sturm und Drang was ‘n proto-Romantiese beweging in Duitse letterkunde en musiek wat tussen die laat 1760’s en vroeë 1780’s plaasgevind het.)



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak