durm und strang
uit newels van sy verlede
klink dawerend die akkoorde
die oneindige soek na êrens
in sy brein blits weerlig
van boodskappe swak belig
liefdes verklaring lank verlore
soos swaard nog in sy skede
wil beelde telkens opflikker
(Sturm und Drang was ‘n proto-Romantiese beweging in Duitse letterkunde en musiek wat tussen die laat 1760’s en vroeë 1780’s plaasgevind het.)