Ek lewe
Ek lewe
Ek jubel nou in my lewe
na jare het ek daarna gestrewe
my wintertyd is verby
ek kan nou hartseer en pyn vermy
sleepvoete van seerkry en pyn
waar die son weer op my skyn
Refrein
ek lewe vol nuwe vrede
vrede wat vloei na elke dag se vreugde
my lied sing ek oor lewe
‘n geskenk van bo gegewe
my vlam om te lewe brand sterk
lentelig wat my lewe versterk
Ek tiekiedraai in my lewe
vry en vrolik dis aan my gegewe
my lewe is nou een lied
sonskynlag wat dit my nou bied
van die nuwe geleenthede
lewe nou vir die hede
Brug
ek lewe ek lewe
vir vandag vir môre
elke dag sing ek ‘n lied
ek lewe ek lewe
vir vandag en môre
wat elke dag my bied
Ek gryp die lewe elke dag
huppelend na my toekoms wat nog wag
jare in winter se stryd
neem ek finaal van seerkry afskeid
vandag is môre se gister
my laste nou weer ligter
Refrein
ek lewe vol nuwe vrede
vrede wat vloei na elke dag se vreugde
my lied sing ek oor lewe
‘n geskenk van bo gegewe
my vlam om te lewe brand sterk
lentelig wat my lewe versterk
©Kopiereg Linda du Plessis 13/11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Linda, baie dankie vir hierdie inskrywing van jou hoor.