Jongste aktiwiteit:

Winterswind

Hoor hoe hartseer huil die winterswind
om die hoeke van my huis
waar slaap vannag die weggooikind
is hy ooit iewers tuis?

Kyk hoe triestig waai die winterswind
die blare deur die bos
die bome kaal, die stamme grys
is dít die kind se huis?

Ek voel die winterswind se huil
deur die holtes van my hart
my siel huil saam soos ‘n eensaam uil
oor ‘n ander een se smart

Estelle Rubow
13 April 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed