Ek vra gisteraand vir God (goud)
Bied my geen hulp
maar lei tog my hand
ek sien nie meer myself speel in die sand,
die blindheid het my verswelg
en ek … ek het ‘n karos geneem
‘n karos só groot
só alleen,
donker en grys
iewers het daai wond nooit gesond geword
en bloedrooi uitgegiet
tot niks
wat ek as verbeeldingryke kind
in ‘n graf van lewenlose gejaag
iewers diep… diep binne myself begrawe het
en in die uitdoof met graffiti
teen ‘n ou verdorwe muur geskribbel het:
“Vergewe my”
©Morné du Preez
4 Kommentare
-
Elizabeth
Treffend mooi, Morné!
-
Seirdna
Wow!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek