Jongste aktiwiteit:

Oorlogs Rubriek vir ‘n soldaat

sy dood was nie…
die van ‘n martelaar
of een van ‘n vervalde stad
sy dood was nie…
soos vorige helde gefeesvier
op ‘n sonskyn dag.
sy dood was nie…
sagte vuishoue
of stomp messteke
of dalende vuurpyle oor ‘n hospitaal besoek nie,
sy dood was nie…
verniet of doelloos
tussen al die puin en kreune van moeders gehoor nie-
tussen verkragtes en vervolgdes
was sý dood
nie vir homself nie.

©Morné du Preez

#’n gedig vir die helde van Oekraine wat met die terreur van Russiese magte worstel.
Foto google.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed